6 Jaar terug moes ek een van die belangrikste keuses maak. `n Geskikte kleuterskool vir my wonderwerk van God. Ek het tehore gekom van Jolly Tjokkers wat in `n huislike atmosfeer die kinders, wat my kind gaan word, groot maak. EK het soos enige skeptiese ma gedink, Regtig? Met die intrapslag het ek gesien dat hierdie kleuterskool eienskappe het wat `n familie werklik het: liefde, omgee en drukkies, duidelik sigbaar is. Die Jolly Tjokkers familie het hierdie familie eienskappe al meer as wat ek kan tel in hieride 6 jaar aan my en my kinders getoon. Na 6 jaar word ons steeds hartlik ontvang met `n drukkie en vra hoe dit gaan. Hierdie is werklik `n kleuterskool wat elke kind se beste belange op die hart dra, wat empatie toon as ons probleme het en dan die nodige hulp en ondersteuning bied. `n Beter kleuterskool wat meer liefde bied, moet nog gebou word.
Jolly Tjokkers is my kinders se huis weg van die huis! Wanneer onderwysers en helpers familie word en jy met die mees geruste hart jou kind kan aflaai en weet hulle is in die beste hande! Altyd `n kind op `n jeup of op iemand se skoot, `n plek propvol liefde, omgee en hope pret! Waar kinders leer, speel en slim word! My hart word seer om te dink my kinders moet groot word en uitgaan! Soveel moeite word in elke opdrag, of sport of speel of konsert ingesit om elke kind se beste potensiaal te ontwikkel! Julle loop die ekstra myl, vir mamma en kind!! Jolly Tjokkers sal vir altyd `n deel van my en my kinders se hart bly!! Ons lief en dank die Vader vir julle!
Wat kan ek sê oor Jolly Tjokkers… Dis waarlik `n huis vir elke kind weg van die huis af. Elke oggend laai ek my kind af met die wete sy is geliefd, met baie aandag en omgee van die personeel. Die feit dat ek haar by Jolly Tjokkers kan aflaai sonder sukkel weet ek my kind is gelukkig en tevrede daar.
Die personeel is vriendelik en hulpvaardig met altyd tyd en na `n bekommerde mamma hart te luister. Met elke geleentheid wat hulle reël word daar moeite gedoen, verjaarsdae dae, pajama dae, loslit dae, nie eendag word aangepak sonder moeite nie. Van die klein kinders reg deur tot die groter kinders word geleer om te tel, rympies op te sê en om hulle kleure te ken. Dan praat ons nie eers van elke jaar se konsert wat gehou word nie. Die tyd en moeite om elke kindjie betrokke te maak sonder om eenkeer te klae is net fantasties. Die aand van die konsert daai geluk en genot op hulle gesiggies maak `n mamma hart baie bly.
Die skool is altyd skoon met genoeg speelplek vir die kinders met toesig. Mens hoef nie bekommerd te wees dat daar nie iemand is om na jou kind om te sien nie.
Ek kan Jolly Tjokkers met `n geruste hart aan enige ouers aanbeveel wat net die beste vir sy kind se opvoeding wil hê. `n Plek waar kinders geleer word en ook toegelaat word om nogsteeds kind te wees.